Ek hou van die Grieke. Dis hulle wat ons wêreld verryk het met die Olimpiese Spele, marathonne, demokrasie, filosofie, mitologie, Trojaanse perde, Spartaanse krygers en, die beste van alles, soevlaki en baklava. As ’n laerskoollaaitie het ek my klaar gelag vir Asterix en Obelix toe hulle die grootkop- Romeinse atleet Gluteus Maximus, aan’t oefen vir die Olimpiese Spele in Athene, in ’n woud raakdraf en sy agterent skop.
Op hoërskool was Alexander die Grote, wat dieselfde aan die Perse gedoen het, een van my helde. En op universiteit het Aristoteles en Plato in Politiek 1 mý maximus gesool omdat ek probeer het om met die minimus werk op my gluteus deur te skraap... Dis seker te verstane dat Griekeland en sy eilande my oë sou laat glinster toe ek en…