SPIF-padstal, Mookghopong, Limpopo
Hierdie padstal is langs ’n hoenderboerdery, ook genaamd SPIF – dit staan vir Saam, Piet, Isak en Fred. Die drie Earl-broers het voorheen saam hier geboer, maar die laaste paar jaar behoort die onderneming aan Kevin Traviss. Dis ’n bedrywige padstal wat jou meer bied as net die gewone – agter is daar byvoorbeeld ’n konferensielokaal, asook ’n klereboetiek en haarsalon.
Die voorste gedeelte is tipies padstal met gebak, handgemaakte geskenkies en ingelegde goed, maar die fokus is op die plaas se hoenderprodukte. Vars hoendervleis kos R29/kg, maar probeer gerus die hoenderespetada (basies ’n hengse sosatie...) teen R50 p/kg of die hoenderboerwors (gemaak van borsvleis en hoendervelletjies) teen R50 p/kg.
In die ruim, netjiese restaurant-en-teetuin – wat uitkyk oor die plaas – kan jy aansit vir ’n…