Wil jy vriende en familie groen van jaloesie maak met jou vakansiekiekies? Kom leer meer oor fotoneem op een van ons werkswinkels – van een dag lank tot ’n ganse naweek van sluiterspoed en ligwenke en fotohoeke. Jy sal ná enige van dié sessies beter toegerus wees; of jy nou met ’n mik-en-druk of D-SLR foto’s neem. Of jy nou gapende leeus in die Kruger wil afneem of jou kleinkind wat leer swem, ons wys jou hoe. Weg se fotoredakteur Shelley Christians bied die eendagskole aan en die beroepsfotograaf Sam Reinders die naweeksessies.
EENDAGSLYPSKOOL
Saterdag 24 Februarie 2018,
Velmore-hotel, Centurion, Pretoria
Saterdag 3 Februarie 2018,
Evertsdal-gastehuis, Durbanville, Kaapstad
HOEVEEL?
R1 750 p.p., middagete ingesluit
INDIVIDUELE AANDAG MIDDAGETE INGESLUIT UITGEBREIDE KURSUSNOTAS
NAWEEKSLYPSKOOL
16-18 Maart 2018, Blesfontein-gasteplaas, Sutherland
HOEVEEL?
R3 400 p.p.…