‘n Dekade gelede het Jette Vye aandete in haar huis in Kaapstad berei. Terwyl sy die aartappels skil, sien sy ’n advertensie in die koerant waarop sy werk. Dit het gelei tot haar en haar man, Geoff (80), se trek na Vleiland, ’n gehuggie in die Karoo tussen Laingsburg en Seweweekspoort.
Die afgelope drie jaar besit Jette en ’n jong familielid, Cindy, wat voorheen bekend was as die Vleiland Kontantwinkel; dis net oorkant hulle huis.
Moenie ’n ghrênd padstal verwag nie. Hasiesvlei dien die boeregemeenskap. Op die lang, netjiese rakke is van meel, suiker, kerse en waspoeier tot roomys, koeldrank en boontjies.
Natuurlik is hier ingelegde lekkernye en konfyte uit die kontrei, en van Hasiesvlei se eie pekkanneute, amandels en olyfolie. Die Vyes het by die 1 100 bome om…
