Die egpaar het op 3 Junie 2018 vertrek uit Valence, Frankryk (Marie se tuisdorp), met die doel om binne 18 maande tot by hulle huis in Johannesburg te ry.
Teen die tyd dat hulle in Tanzanië gekom het, was hulle reeds 14 maande op die pad. Hulle het deur Frankryk, Switserland, Italië, Kroasië, Slowenië, Hongarye, Roemenië, Bulgarye, Griekeland, Turkye, Israel, Palestina, Jordanië, Egipte, Soedan, Ethiopië en Kenia gery.
Marie is ’n volhoubaarheidskonsultant en Patrick ’n bemarker.
NOG INLIGTING Stuur ’n e-pos na info@skultcha.com as jy vrae het oor die Gurneys se reis, of gaan na skultcha.com. Soek hulle op Facebook deur “skultcha” in te tik, en @skulcha op Instagram.
VOLGENDE MAAND Patrick en Marie verken Rwanda (deel 6). Vorige maande: Egipte (deel 1, Weg #178), Soedan (deel 2, Weg #179), Ethiopië…