Ek en my vrou, Maria, het die afgelope Desember ’n paar dae lank by die Olifants River Lodge tussen Witbank en Middelburg gekamp. Ons het vroeg een oggend langs die rivier gestap en sommer ons eie pad deur die plantegroei gebaan. My vrou se skerp oog het ’n klein flapnekverkleurmannetjie op die grond gesien. Toe ons mooi kyk, sien ons ’n hele broeisel tussen die plante. Ek het rofweg tien getel. Volgens die eienaar van die lodge het dié verkleurmannetjies pas uitgebroei.
LEON PRINSLOO, Boksburg
Die reptielkenner JOHAN MARAIS sê: Verkleurmannetjies kom natuurlik in baie mense se tuin voor en kry jaarliks kleintjies. Dwergverkleurmannetjies gee geboorte aan lewende kleintjies, maar flapnekverkleurmannetjies lê eiers. Die wyfie grawe ’n gat in die grond met haar voorpote, lê ongeveer 25 tot 65 leeragtige…