DUIKPLEKKE VIR BEGINNERS
LONG BEACH, SIMONSTAD
Wanneer die suidooster Valsbaai wiks, is Long Beach gewoonlik beskut, en die water helder. Daar lê ’n klein skeepswrak 20 m van die strand af – hier is baie vissies om te sien, asook groot anemone. Kyk fyn: Jy sien dalk ook ’n paar elegante seeslakke.
WINDMILL BEACH, SIMONSTAD
Dis maklik om by hierdie duikplek uit te kom van die strand af, en dis vlak. Dit het iets van als: kelpwoud, riwwe, oorhange en oop sandkolle. Jy sien dalk ’n rooi roman, seekat, langsnoet-pypvis, streephaai, jellievis, seeslak, inkvis en dalk ’n rob of twee. As jy gelukkig is, selfs ’n pylstert of otter.
WATER’S EDGE, SIMONSTAD
Dis nie so beskut soos Windmill nie; dus moet jy die see verstaan. Hier is dieper water, met…
