Dis tyd vir ’n selfie, Suid-Afrika!
Die internasionale reiswebwerf Big Seven Travel sê foto’s van Suid-Afrika is die vyfde gewildste om op Instagram te laai. Danksy ons land se staproetes, wye strande en dramatiese natuurtonele is dit ’n “droombestemming”.
Maar dit weet ons reeds, of hoe? Australië is in die eerste plek, gevolg deur Hongkong, Kanada en Indonesië.
Hier’s die top- plaaslike plekke en dinge wat Suid-Afrika gehelp het om toerismeswaargewigte soos Italië, Frankryk en Thailand te klop:
1 Bloubergstrand, Kaapstad
2 Sabi Sand- private wildreservaat, Mpumalanga
3 Jakarandabome in Pretoria
4 Die Mandela Capture Site, KwaZulu-Natalse Middelland
5 Die Orlando-torings, Soweto
Indien jy jou al by enige van hierdie plekke afgeneem het, is jy trending! Bekyk die volledige lys van die beste Instagram-bestemmings by bigseventravel.com.
Koffie met ’n gewete…