Daniël Gari, Mooivlei (Rooibokkraal)
“Ek werk al 20 jaar op hierdie plaas. Ek lei water en sorg dat die drade in stand gehou word. Ons plant waatlemoene en buffelgras. Hier is baie wild op die plaas, soos swartwitpens, bastergemsbok, eland, rooihartbees, en natuurlik krokodille in die rivier.”
Jan Beukes, Tweerivier (Steenbokpan)
“Ek het hier grootgeword en ek en my vrou, Joan, boer met pampoene en beeste, maar hier is ook wild en ons jag met oorsese ouens soos die Spanjaarde. Maar sjoe, die hitte vang hulle hier teen dag drie, al sit jy daai ou onder die grootste koelteboom...”
Rudie du Toit, Limpopo Tented Camp (Stockpoort)
“Dis ’n groot voorreg om hier te wees – ek ken ook nie ander wêreld nie! Ons is baie dankbaar vir vanjaar se reën,…
