LANGS DIE N2
Ongeveer 2 km oos van die dorp is ’n kompleks met winkels en eetplekke. Die Rooi Aalwyn Padstal & Koffiepot verkoop onder meer tuisgebakte brood en pasteie, terwyl Lifestyle @ Bali Trading se Barista Café ’n uitgebreide spyskaart het – die geroosterde hoendermayobroodjie (R69) is tops. Die winkel verkoop als van dekor tot vellies en produkte uit die omgewing, soos Muiskraalolywe en Kasselshoop-kaas.
Sleeping Beauty Traders, ’n geskenkwinkel, gaan jou benewel met al die opsies! Hier is ook ’n Mugg & Bean en by Baleia kan jy wyn en olyfolie koop.
Waar die N2 deur die dorp loop, sien jy bekende name soos Spur, Wimpy, KFC en Ou Meul-bakkery, maar probeer ook Nibbling Squirrel (wegneemetes, of sit ’n bietjie) en Ikigai, ’n koel koffiewinkel met geroosterde toebies…
