Die stapgogga het my gebyt toe my man, Sean, my sowat twee jaar gelede die eerste keer saamgesleep het Drakensberg toe. Daardie eerste proeseltjie was genoeg om my te oorreed: Hiérmee wil ons volhou, en ons het optimisties begin droom oor ’n maand lange stapvakansie deur Peru, Argentinië en Chile. (Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig vir hierdie lande nie.)
Ons het egter gou besef dat só ’n reis nie haalbaar is nie. Die plekke waar ons wou stap, was net te ver van mekaar af geleë. Daarom het ons verlief geneem met ’n spesifieke streek van Argentinië en Chile, naamlik Patagonië.
Ons het heel eerste die meredistrik rondom die stad Bariloche in Noord-Patagonië verken en ons toe in Argentinië se stappershoofstad, El Chaltén, gevestig waarvandaan ons etlike dagstappe (soms…
