SOPHIA VAN TAAK
BARRYDALE HAND WEAVERSKUSSINGSLOPE
Wanneer ’n mens iets van dié wewery in die Klein-Karoo koop, weet jy jy ondersteun ’n gemeenskap waar werk skaars is. Jy kan selfs op hulle webwerf gaan kyk wie die wewers is wie se handewerk jy aanskaf.
’n Wye reeks produkte is beskikbaar, van plekmatjies en servette tot matte en komberse. Alles word van plaaslik verboude katoen met die hand geweef.
Dié kussingslope (50 x 50 cm) is beskikbaar met rooi, ligblou, donkerblou, wit, steenkool of grys strepies.
R340 per sloop. barrydaleweavers.co.za
FEAT.-SOKKIES
Sokkies hoef nie ’n verbeeldinglose geskenk te wees nie. Jy kan kies tussen strepiesokkies of prentjiesokkies, en van laasgenoemde is daar ’n hele klomp eg Suid-Afrikaanse temas: walvisse, olifante, renosters, Muizenberg se strandhutjies, sardientjies, springbokke... selfs janfrederikkies! Én 20% van…
