Die Tomjachu Bush Retreat is ’n gunsteling onder Laeveldse stappers. Die naam is ’n samevoeging van die drie Fillerybroers – Tom, Jack en Hugo – se name. Hulle grootouers, Gordon en Vikki, het dié stuk grond in 1985 aangeskaf.
Dié 550 ha strek oor grasveld, bosveld en berge en die meeste van die uitgemerkte roetes oor die verskillende terreine kan ook met ’n bergfiets gery word. Soos jy kan raai, loop hier heelwat wild. “Ja, jy sal dalk die kameelperde sien, en blesbok, blouwildebees, koedoe, vlakvark, rooibok, bosbok... ook muskeljaatkatte en rooijakkalse,” vertel die bestuurder, Jay-Dean Sloane. “En daar’s 297 spesies op ons voëllys.”
Die Noordelike Vlak-e-roe-e is, in kombinasie met die Groo-vy-sirkelroe-e (blou roete), ’n gemaklike 4,5 km lank en die beste keuse as jy diere wil sien. Dit…
