In September 2020, ná die Covid-19-inperking, het ek en my vrou, Teresa, besluit dat ons dringend ’n bietjie moet wegkom. Ons is vir twee weke Krugerwildtuin toe en het in die Onder-Sabie-, Skukuza-, Balule-, Olifantsen Mopani-kamp gebly. In hierdie tyd het ons 15 verskillende luiperds gesien, onder meer tussen Skukuza en Onder-Sabie, ook naby Krokodilbrug en Mopani. Ons het ’n paar aande by Olifants gebly. Een oggend het ons soos die vorige dag met die H1-4 in die rigting van die Satara-ruskamp gery.
Daar was nie veel te siene nie, en ons het by Satara omgedraai. Sowat halfpad tussen Satara en Olifants het ons ’n paar motors sien staan en by hulle stilgehou.Daar was ’n jong luiperdwyfie wat eers lê en rus het, maar later rondbeweeg het om haar gebied…
