Namibia Self-Drive Guide: Edition 3
Deur Tracks4Africa R595 in boekwinkels, by Outdoor Warehouse en tracks4africa.co.za
As jy ’n langerige padvakansie in Zambië, Botswana of Namibië wil aandurf, is Tracks4Africa se kaarte, GPS-toepassings en omvattende gidse vir elke land uitstekende reisgenote (saam met Weg Namibië en Weg Botswana, natuurlik).
Tracks4Africa se immergewilde gids oor Namibië is nou in sy derde uitgawe. Dis ’n bielie van 400 bladsye wat in drie afdelings verdeel word.
In die eerste deel kry jy ’n oorsig van die land, asook praktiese inligting oor grensposte, mediese voorsorg, veeartsenybeheerpunte, paklyste, voertuigvoorbereiding en voorgestelde roetes.
Die tweede deel dek 15 streke in die land, met inligting oor die groot toeristetrekpleisters en verblyfplekke in elke streek.
Die derde deel behels 33 bladsye se kaarte op ’n skaal van 1:1 000…
