‘Aan die see se kant van die pad staan kuierplekkies wat die verte in kyk. Palmbome. ’n Lang vakansiestrand. Aan die ander kant: grashutte, skarrelende hoenders...’ Daar bars ’n storm los net toe ons uit Cotonou, ’n hawestad in Benin, wil ry. Dis 2023 en laat in Oktobermaand; dag 45 van ons avontuur. Terwyl ons wag dat die reën bedaar, gesels ons met Yasmina, raakvatter van die plaaslike motorfietsklub.
Sy vertel van Benin en Togo, wat eintlik een land moet wees, maar lukraak tydens die koloniale era verdeel is. Op plekke loop die grens regdeur woonhuise. Sy vertel van ’n ou wie se huis ’n grenspos is. Jy loop uit Togo by die agterdeur in, betaal jou oorgrenstarief, en loop weer by die voordeur uit, Benin in.
Yasmina en twee…
