VIR DIE HONDE
Saamrus
“As iemand oor Saamrus vra: ‘Nou wat is hier te doen,’ weet ons dis nie die regte mense vir ons plek nie. Hier hoef jy hoogstens met jou hond te stap, lees en braai,” sê Annatjie Geldenhuys. “Annatjie se ouers se plaas in die Vrystaat se naam was Ellasrus, en my ouers s’n Saamwerk. Ons hou meer van rus as werk, daarom Saamrus,” bevestig haar man, Chris. (Op die foto is Annatjie en Chris by hulle seun Leonard.)
“Ek het in Johannesburg grootgeword,” vertel hy. “Net voor ek in 1974 weermag toe is, het my beste vriend ’n Datsun 1200-bakkie gekry. Sy ma het op Skeerpoort gewoon, en om die bakkie in te wy, het ons dié wêreld platgery. Ek het daai naweek besluit ek gaan…