Die noorde se paaie en watergate is heelwat stiller as die suide s’n, en as jy op ’n samedromming van voertuie afkom, is dit waarskynlik vir ’n skaars voël eerder as ’n leeu of ’n luiperd.
Voëlkykers kan verskeie lifers hier afmerk onder meer die bontpiek, beloogbosbontrokkie, knopsterttroupant, visuil, witpensstekelstert, driebanddrawwertjie... Die noordelikste grens vir menige Suid-Afrikaanse voël sowel as die suidelikste hoek vir voëls wat algemeen voorkom in Botswana, Zimbabwe en Zambië oorvleuel hier in Pafuri wat dit een van die beste voëlkykkolle in Afrika maak!
As jy iewers langs ’n stil grondpaadjie ry, voel ’n mens rustig, want jy weet hierdie riviere vloei al vir jare see toe; hierdie bome het al álles gesien. Ja-nee, die voëls en hierdie gevoel is Punda Maria se grootste trekpleister.
VOËLKYKERS, LIG…
