Jy dreig, jy smeek, jy probeer omkoop, maar jou peuter of kleuter weier botweg om tande te borsel. Dis dan dat die uitdrukking “steeks soos ’n donkie” nuwe betekenis kry ... Gelukkig is daar allerlei maniere om die tande skoon te kry!
1. LEER ’N OULIKE RYMPIE of liedjie en sê of sing dit saam wanneer tandeborseltyd aanbreek. Beproef dié een: “Borsel jou tande, borsel jou tande, al in die rondte, al in die rondte, links en regs, links en regs, kieme weg, kieme weg.” Of wat van “Hoor die water in die kraan as ek soggens vroeg opstaan. Tjoef-tjaf, tjoef-tjaf, tande borsel op en af!” Hierdie liedjie is op Vader Jakob se wysie: “Tandeborsel, tandeborsel, blink en skoon, blink en skoon, altyd in die rondte, altyd in die rondte, kieme…
