die Suid-Afrikaanse motorbedryf is agt keer so groot as in 1994. Dit is gesonde groei oor 22 jaar.
Die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) voorspel dat die bedryf se bydrae tot BBP vanjaar sowat 7,5% sal wees, en kan 8,5% teen 2020 bereik, as die sektor sy teiken van 1 miljoen verkope per jaar haal. In 2015 het hy R256,7 miljard, oftewel 7,2%, tot die BBP bygedra.
Tans vervaardig BMW, Ford, General Motors, Mercedes-Benz, Nissan, Toyota en Volkswagen almal motors in Suid-Afrika, met die Chinese vervaardiger BAIC wat aangekondig het dat hy van 2018-’19 hier sal begin vervaardig.
Hierdie groei kom met aansienlike steun van die departement van handel en nywerheid, eers met sy motorbedryfsontwikkelingsplan (MIDP) van 1995, en toe sy opvolger, die motornywerheidsproduksie- en-ontwikkelingsprogram (APDP), wat in…