’n Finansiële produk kan ’n bankrekening, kredietkaart, huislening, voertuigfinansiering, lewenspolis, lidmaatskap van ’n mediese fonds, motor- en huishoudelike versekering, uittree-annuïteit, aftreefonds of beleggingsproduk wees. Die meeste finansiële produkte is uiteraard ingewikkeld en het ’n rits voordele, bepalings en voorwaardes. Vra die verskaffer of jou finansiële adviseur die volgende vrae oor ’n finansiële produk sodat jy die produk verstaan en kan besluit om dit te koop of nie:
1. Wat is die voordele? Die voordele kan betrekking hê op die veilige bewaring van jou geld, die gerief om nie kontant by jou te dra nie, dat jy in staat gestel word om ’n bate van wesenlike waarde te koop, dit jou geld laat groei, jou uitgawes dek of aan jou ’n bedrag uitbetaal wanneer sekere dinge gebeur. Is die voordele tasbare…
