ROSALEEN VAN AS (63), OFTEWEL TANNIE POPPIE, ROOSTERBROODBAKKER, LAINGSBURG
‘LAINGSBURG en Touwsrivier bots met mekaar oor waar Tannie Poppie nou eintlik vandaan kom noudat ek famous is.
Maar ek is ’n boorling van Touwsrivier. Dit is daar waar ek destyds seisoenale werk op die uie-en wingerdplase gedoen het. Ek moes maar gaan werk, want ek het mos myself in gr. 5 uit die skool baklei; ek was nie eintlik lus vir skool nie. My oorle pa, Gert, het toe op die spoorweg gewerk, en my ma, Rachel, was ’n huishulp daar op Touwsrivier.
Dertien jaar gelede het ek my man, Frikkie van As, ontmoet. Hy is van Laingsburg, maar het vir ons op Touwsrivier kom wys hoe om padwerke te doen. Sjoe, hy was ’n kwaai voorman en het my…
