KEN JOU JOGURT
Lees die etiket op die verpakking wanneer jy inkopies doen. Jogurt word op grond van vetinhoud in die volgende soorte verdeel:
▪ Vetvry/afgeroom < 0,5% melkvet
▪ Laevet 0,5-1,5% melkvet
▪ Mediumvet 1,5-3,3% melkvet
▪ Volvet-of volroom 3,3-4,5% melkvet
▪ Hoëvet of dubbelroom > 4,5% melkvet
FRITTATA-MUFFINS
’n Heerlike eiermuffin propvol goedheid en met min koolhidrate; dis ideaal vir ontbyt én die kosblik.
GENOEG VIR 6 MENSEBEREIDING: 10 MIN.GAARMAAK: 20 MIN.
◗ 6 eiers◗ 80 ml (⅓ k) natuurlike volroomjogurt◗ 30 ml (2 e) mielieblom◗ 45 ml (3 e) sondroë tamaties in vinaigrette, gekap (opsioneel)◗ 4 murgpampoentjies, gerasper◗ 500 ml (2 k) spinasie, gekap◗ 250 ml (1 k) wit cheddarkaas, gerasper◗ ’n lekker hand vol koljanderof pietersielieblare, gekap
VIR VOORSIT
◗ ekstra jogurt, tamatiesous met verminderde suiker,…
