DIT is alles wat hulle gevra het. ’n Regte, egte Familiekersfees saam met die mense wat hulle liefhet.
Onder die Kersboom gaan dalk ’n stapel geskenke staan, sê die aktrise Marijke Coetser, maar hulle het die grootste geskenk reeds gekry: mekaar en hul pragtige twee kinders.
“Nè, lief?” wil Marijke knipoog by haar man, die akteur Werner Coetser, weet.
“Geen geskenk sal ooit so groot wees soos jy nie,” antwoord hy.
Die Getroud met rugby-akteurspaar en hul twee kinders, Juwan (10) en Layla (16 maande), gaan vanjaar Kersfees by Marijke se ouers, Derick en Marieta Maree, op Bethlehem in die Vrystaat deurbring. Hul eie Bethlehem-Kersfees van liefde, dankbaarheid en samesyn – maar ook met Vrystaatse vreugde en die oorvloed van die groot dae.
“Dis Kersfees soos jy dit nog nie…