DIE GOORGOMGAAI
Deur JULIA DONALDSON. Illustrasies: AXEL SCHEFFLER (derde Afrikaanse uitgawe uitgegee deur Protea Boekhuis, R170*)
Die Wikipedia-lys van die meer as 50 tale waarin The Gruffalo vertaal is, begin so: Afrikaans (Die Goorgomgaai), Arabies, Armeens, Baskies (Grufaloa), Bretons (Ar Groufalo), Bulgaars (Gruzulak), Katalaans (El Grúfal), Chinees (Gūlūniú), Kroasies (Grubzon), Tsjeggies (Gruffalo) en Nederlands (De Gruffalo), om net ’n paar te noem. (Dis darem baie lekker om ’n slag eerste in die wêreld te wees!)
The Gruffalo is ’n prenteboek wat die eerste keer in 1999 in die Verenigde Koninkryk uitgegee is. Die samewerking tussen die skrywer Julia Donaldson en die illustreerder Axel Scheffler is een van die suksesvolste ooit in die prenteboekbedryf.
En waar kom die snaakse woord “Gruffalo” vandaan? Julia het ’n Chinese storie gelees oor ’n slim…
