DIE lugbraaier –isdit’ngier,’ntendensof ’n heeltemal nuwe manier van kook? Ons het hierdie konveksie-kooktoestel waaroor die hele wêreld gons, in ons eie toetskom-buisbeproef om vir julle, ons lesers, ’n reseptebundel saam te stel wat in elke kombuis ’n geliefde staatmaker sal word.
Ek moet erken dat toe die lugbraaiers by ons toetskombuis opdaag, hulle ietwat volksvreemd voorgekom het. Maar ek het my voorskootvasgeknoop, my moue opgerol en dadelik aan die werk gespring. Weke lank het ons geswoeg en gesweet, resepte getoets, foute gemaak en reggestel, en uiteindelik het ons volksvreemd in ’n kombuis-vertroueling omskep.
Hierdie bundel bevat ’n groot verskeidenheid: nuwe resepte, tradisionele resepte met ’n kinkel, en allerhande geregte wat die kinders self aanmekaar kan slaan. Daar’s van bros samoesas, goudbruin gepoetste aartappels, sappige steaks (ja, sowaar) tot geurige gemarineerde…