VAN buite lyk dit soos ’n doodgewone huis, maar met die intrapslag voel dit asof jy ’n wonderwêreld betree van piepklein huisies, meubels, klere, boeke, handdoeke, blomme, teestelle, karretjies, noem maar op . . .
Welkom by Willem en Amanda se tuiste in Sherwood Gardens, Brakpan, wat getuig van hul jarelange passie vir alles wat tot miniatuurgrootte gekrimp het.
En moenie dink dit is as ’n speelgoedparadys vir gretige kinderhandjies bedoel nie. Nee, daarvoor is van die kunswerke in die kleine wat hier trots uitgestal word heeltemal te kosbaar. Soos die pophuis uit 1938 in die Engelse Tudorstyl in die woonvertrek wat Amanda self oorgeverf en gemeubileer het.
“Ek het miniatuurpophuise vir volwassenes,” sê sy, en verduidelik: “Dit is te gespesialiseerd vir kinders.”
Terwyl Amanda (62) haar al 25 jaar…