HY HET drie jaar lank volhoubare lig in die donkerte probeer bring, maar toe André de Ruyter oplaas die tuig as Eskom-baas neerlê, het die kragreus hom nie vir sy diens bedank nie.
Trouens, hy is weg in ’n storm – al die pad landuit, na waar hy nou “êrens in Europa” in geheimhouding lewe.
Waar hy is, wil hy nie verklap nie – hy vrees daar is moontlik ’n teiken op sy rug.
In hierdie verkorte, geredigeerde uittreksel uit sy nuwe boek, Truth to Power, uitgegee deur Penguin en nou landwyd beskikbaar, skryf die uitgetrede kragbaas oor sy beweerde vergiftiging, die chaos nadat hy bewerings oor korrupsie gemaak het, en sy haastige vlugtog na veiligheid.
“Nee, nee, kollegas,” sê ek gefrustreerd. “Weet julle waarmee ons hier te doen het?…