NAMIBIË
GROOT FOSSIEL VAN ’N SALAMANDER GEVIND
’n Fossiel van ’n ontsettende groot salamanderagtige roofdier is in Namibië ontdek. Die roofdier, wat as Gaiasia jennyae bekendstaan, het waarskynlik 280 miljoen jaar gelede in die woestyndele van ons buurland geleef. Die woestyn was toe ’n koue moeras.
Die paleontoloë wat die fossiel bestudeer het, sê dit was groter as ’n mens, met ’n plat kop in die vorm van ’n toiletsitplek. Dit het ook reusetande gehad, maar was waarskynlik baie stadig.
AMERIKA
MARS-NABOOTSINGKOM TOT EINDE
Nasa se eerste sending wat toestande op Mars naboots, het ná 378 dae geëindig. Die vier vrywilligers, die bioloë Anca Selariu en Kelly Haston, Ross Brockwel, ’n ingenieur, en Nathan Jones, ’n dokter, het op 6 Julie die Mars Dune Alpha in Houston verlaat. Terwyl hulle…