EIE MAGTE
Gehoor van die karate-kenner wat by die weermag aangesluit het? Die eerste keer toe hy flink salueer, val hy bewusteloos op die grond neer.
Louise Noeth
NOMMER, ASSEBLIEF
Elke keer as ek ’n vorm moet invul wat vra wie om te bel in ’n noodgeval, skryf ek: “Die ambulans.” Want niemand wat ek ken, gaan ’n oproep van ’n onbekende nommer beantwoord nie.
Denise, Pretoria
TYDSAAM
Die vrou sê vir haar man: “Ons nuwe bure is so verlief. Hy soen haar, streel haar hare en gee haar drukkies.
“Hoekom doen jy nie dit nie?”
Haar man antwoord: “Omdat ek haar nog nie so goed ken nie.”
Emmie, Mosselbaai
TERUG AARDE TOE
Hoog in sy noppies vertel die psigiater sy pasiënt hy is eindelik genees. Die pasiënt antwoord:
“Wat,…