“Ek voel die gewildheid van podcasts het met die inperking ontwikkel, want dis daar in ons isolasie wat mense aanlyn begin rondsnuffel het na inhoud wat hulle prikkel,” vertel die bekende TV-persoonlikheid, nuusleser en joernalis Daniëlla van Heerden.
Sy spog deesdae ook met haar eie podcast, ’n Ma & ’n mikrofoon, ’n Afrikaanse podcast wat gewild is onder plaaslike sowel as internasionale luisteraars. Die podcast fokus op die wêreld van die moderne Afrikaanse ma, die uitdagings wat sy het, en vrae oor ma-wees en ouerskap.
In die 30 episodes wat tot dusver uitgereik is, gesels Daniëlla oor kwessies soos kindertantrums, mom guilt, speel jou kind genoeg, en hoe om met jou kind oor seks te praat.
“Wat die podcast besonders maak, is dat dit nie net oor die kind gaan…
