HULLE eerste soen was nie juis vreeslik romanties nie, onthou hulle met ’n goeie dosis lag. Om in ’n rolstoel te sit maak dit effens moeiliker om jou geliefde in ’n oomblik van passie nader te trek, vas te druk en ’n soen sagkens op haar lippe te plant.
Nee, dié soen was nogal ’n toertjie, onthou die akteur Erik Holm en Colleen Jury vandag. Hy het so effentjies vorentoe geskuifel, sy het vooroor geleun. Maar uiteindelik was sy bo-op sy skoot, sy het ingeleun en hy het haar gesig in sy hande gevat. En tóé, o, tóé soen hulle.
Vir die liefde, en selfs vir ’n soen, moes hulle werk, want die prins in dié verhaal is al 17 jaar in ’n rolstoel.
Maar al was daardie eerste soen…