OOK IN ENGELS BESKIKBAAR.
Bestel by shop.babylonstoren.com. R790, landwye gratis aflewering.
’n Geskiedkundige tuin, wynmakery, boerdery, plaas-tot-vurkrestaurante, luukse hotel, spa, werkwinkels, spesiale versamelings broodbome en boslelies, ’n vetplanthuis en speseryhuis, seepmakery, olyfoliepers, meestersnoeier, grondfundi, insekkenner, slagter, bakker, kaasmaker, roomysmaker, donkies, troppe Chianinabeeste, waterbuffels, hoenders en insekte. Dis nie al nie.
Dis Babylonstoren, die plaas van Koos Bekker en sy vrou, Karen Roos, waarin hulle baie drome, dinkwerk en sweet belê het om ’n tuin te skep vir almal se genot, ook volgende generasies.
“Jy sien, tuine bring ’n sekere malheid in hulle eienaars na vore,” sê Koos.
Karen se visie is dat gaste geanker voel: “Dat hulle die berge reg rondom soveel soos ons geniet, gesonde vrugte en groente pluk, pétanque speel, in die plaasdam swem. Ook ’n uur in…
