GROOT BLOKRAAI
NO 2580
KOMPETISIEVRAAG
Watter dier is ter sprake?
As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Huisgenoot-Blokraaie.
Hierdie week wen een leser Draaie, swaaie en afdwaalpaaie, saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen (Queillerie, R320).
Die samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, onder andere deur Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, Frederik de Jager en Kerneels Breytenbach.
Die skrywers vertel van ongewone gebeure wat snaakse of bittersoet gevolge vir hulle ingehou het. Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe. Doen aan in Amerika, Marokko, Frankryk, Namibië, Italië, Spanje en selfs Oesbekistan – om maar net ’n paar van die plekke te noem.…
