In Afrikaans moes ons ’n kompromis trek tussen gewone taal en internasionale eenhede. Laat ek please explain.
Wanneer ons eenhede soos km, cm, g, kg, km/h, K, mol of cd skryf, gebruik ons hulle as hol simbole en nie as mensetale nie. In ons taal skryf ons vas. Dis die konvensie waarmee ons sit, en op ’n manier is dit behoorlik in die genetiese stof van Afrikaans ingeweef.
Ons sou dus normaalweg skryf “vyfmeterpyp”. Dis ’n pyp wat vyf meter lank is. As ons dit wil afkort volgens die ooreenkoms in Afrikaans, sou dit ’n “5-m-pyp” moes wees, nie waar nie?
Maar ons is nie onbeskaafde skurke nie. Ons land het die internasionale eenheidstelsel onderteken. Dis só internasionaal, dit het ’n Franse naam, die Système international d’unités of die SI-stelsel.…