Almal weet Andrew kuier graag met mooi vroue tussen die lakens, maar 1 000?
Dis volgens die boek hoeveel vroue die prins al in sy bed onthaal het.
Vroue wat in pornografiese flieks speel, aktrises, modelle, sportvroue, politici en kroegmeisies is op “Randy Andy” se kerfstok, sê die ondersoekende joernalis Ian Halperin.
“Seks is ’n groot deel van sy lewe. Toe hy ’n handelsambassadeur vir die Verenigde Koninkryk was, het hy die wêreld vol gereis en dit het hom toegang tot beeldskone vroue gegee, iets wat hy ten volle benut het.”
Talle lesers sal nog sy eerste omstrede verhouding onthou, met die Amerikaanse aktrise Koo Stark.
Hulle het in 1981 begin uitgaan, maar nadat haar verlede, wat ’n rol in ’n liggies pornografiese fliek ingesluit het, aan die lig gekom…