MET haar bos vlamrooi hare en albastervel val sy jou dadelik op in ’n restaurant by Dutton’s Cove met sy arendsuitsig oor Heroldsbaai in die Suid-Kaap. Op haar neus is ’n groot, byderwetse sonbril.
“Die lig is ’n bietjie skerp,” verduidelik Chrizette Els oor die Afrika-sonlig waarmee sy nou vir die eerste keer in ’n baie lang tyd weer kennis maak.
VIR HAAR 19DE VERJAARDAG HET JURIE SY DOGTER VIR DIE EERSTE KEER TERUGGEBRING NA HAAR GEBOORTELAND “Sy steek haar mooie oë weg,” kla haar pa. Met die ongeërgdheid van die jeug gee sy ’n laggie en trek haar skouers op, maar sonder ’n sweempie bravade.
Die baba wat 19 jaar gelede saam met haar sanger-pa, Jurie, en ma, Hestrie, ’n voormalige Olimpiese hoogspringer, op Huisgenoot se voorblad verskyn het,…