1 NICO WAS MEER AS NET ’N DWELMSLAAF
Hy was haar seun, skryf Petro le Roux. Hy is telkens vir rehabilitasie opgeneem, maar nou is hy oorlede op 33. Dit kan met enigeen gebeur, waarsku sy
Ek is so bitter jammer vir jou. Ek weet hoe dit is, want my eie seun is op dieselfde pad, en hy is nou al 43 jaar oud. Hoekom gebeur dit met ons pragtige kinders? Baie sterkte, ek bid vir ons albei. SANDRA
Ek het jare lank met dwelmverslaafdes gewerk. Meeste was verslaaf aan heroïen. Die sielewroeging waardeur hulle gaan, is intens. Baie het gesterf, ander het dit gemaak. My hart gaan uit na die mense en hulle geliefdes. JANET
Dis absoluut hel op aarde. Ek het twee kinders aan die dood afgestaan as…
