SKRYF VIR ONS & WEN!
Vicki Fourie, die skrywer van hierdie uitgawe se wenbrief, ontvang die volgende Gatineau-produkte ter waarde van R1 515: Primrose Gel Cleanser, Gentle Silk Toner, en Perfection Ultime Lip Balm SPF15. Gatineau kombineer natuurlike bestanddele met die voorste biotegnologie om hul gevorderde velsorgprodukte te skep. Die huis is in 1932 gestig deur Jeanne Gatineau, ’n pionier in die skoonheidswêreld.
Gatineau-produkte is aanlyn en by uitgesoekte Woolworths-, Truworths- en Dis-Chem-winkels beskikbaar.
WENBRIEF
BLOM IN BOHO
Toe ek die hekelpatroon vir die boheemse blomtrui in Idees se Maart/April 2021-uitgawe sien, het ek geweet dis my trui. Ek moes net een vir myself maak!
Ek het dadelik in my ‘stash’ gaan kyk en genoeg hekeldraad vir die kleurblokke gehad, ek moes net die donkergrys bykoop. Die trui was ’n…
