DIE WAARDE VAN OU IDEES-TYDSKRIFTE
Ek's nou die dag in ‘n liefdadigheidswinkel waar ek op vier ou uitgawes van Idees afkom – uit 2017, 2018, en een nog met glansbladsye. Synde iemand met tien duime maak ek nooit iets self nie en dus, moet ek bieg, het ek in die verlede nie altyd Idees gekoop nie. Ek raap die ou uitgawes op, want julle stilering is vir my superinspirerend, sommer net ‘n feel-good.
Ter agtergrond, as ek ‘n tydskrif of koerant lees (nie aanlyn nie; ek hou van die gevoel van die papier en die ritueel van omblaai), maak ek ná die tyd leespakkies vir my naaste vriendinne.
So, uit hierdie vintage uitgawes van Idees, kry my niggie Kobie hekelpatrone (sy het onlangs vir my ‘n Afrika Burn-geïnspireerde trui gebrei…
