INTERNASIONAAL: Die mielieprys op die Chicago-graanbeurs het met 2,3%, of $3,40/t, tot $146,48/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 8,6%, of $13,77/t, laer. Verwagte pryse: Julie –$141,73/ t (R1 841/t), September – $144,72/t (R1 880/t), Desember – $148,58/t (R1 930/t), Maart –$152,51/t (R1 981/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,3% tot R1 703/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,8% tot R1 830/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 63,5%, of R2 967/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 47,9%, of R1 685/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R1 713/t, Sept. – R1 775/t, Des. – R1 829/t, Mrt. – R1 883/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R1 845/t, Sept. – R1…
