INTERNASIONAAL: Die Chicago-prys het met 0,5%, of $0,64/t (R9,03/t), tot $137,11/t (R1 934/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 0,7%, of $0,91/t (R12,84/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $137,55/t (R1 941/t), Maart – $142,91/t (R2 016/t), Mei – $146,29/t (R2 064/t), Julie – $149,28/t (R2 106/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 1,6%, of R31/t, tot R2 011/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 0,9%, of R19/t, tot R2 100/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 43,9%, of R1 574/t, laer, terwyl geel mielies 32,8%, of R1 027/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R2 039/t, Maart – R2 111/t, Mei – R2 137/t, Julie – R2 085/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R2 131/t, Maart – R2…
