‘As jul prys die volgende 30 jaar sywaarts beweeg, hoe gaan julle dit oorleef? Dit gaan oor ’n verhoging in jul produktiwiteit, nie oor prys nie. Julle het geen beheer oor prys nie.’
MNR. ERNST JANOVSKY, hoof van Absa-Agribesigheid se sentrum vir uitnemendheid. Bl. 19
‘Dit kan dalk nodig wees om ’n spesiale uitvoermissie na die VK te stuur om die posisie van ons produkte te bepaal.
MNR. TIM HARRIS, uitvoerende hoof van Wesgro, oor die nadraai van Brexit. Bl. 14
‘Sy het haar deurgaans beywer om plaaswerkers se lot te verbeter.’
MNR. VINCENT TIVA, van die vakbond vir voedsel, drank, wyn, alkohol en verwante bedrywe (NUFBWSAW), oor me. Joy Matshoge, Limpopo se LUR vir landbou, wat in ’n motorongeluk oorlede is. Bl. 21
‘Alle boere is tog eintlik ontwikkelend,…