INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $1,94/t (R26,59/t), tot $138,37/t (R1 896/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 2,1%, of $2,93/t (R40,16/t), laer. Verwagte pryse: Julie – $138,26/t (R1 895/t), September – $141,88/t (R1 945/t), Desember – $146,45/t (R2 007/t), Maart 2019 – $150,23/t (R2 059/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,6%, of R33/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 0,6%, of R13/t, teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 20,4%, of R349/t, hoër, terwyl geel mielies 17,7%, of R325/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R2 087/t, Sept. – R2 121/t, Des. – R2 200/t, Mrt. 2019 – R2 243/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 199/t, Sept. – R2 228/t, Des.…
