INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,3%, of $3,24/t (R44,38/t), tot $135,13/t (R1 851/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 9,1%, of $13,54/t (R185,46/t), laer. Verwagte pryse: Julie – $137,16/t (R1 879/t), September – $140,39/t (R1 923/t), Desember – $145,35/t (R1 991/t), Maart 2019 – $149,60/t (R2 049/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,3%, of R47/t, tot R2 010/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,9%, of R63/t, tot R2 100/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 8,3%, of R154/t, hoër, terwyl geel mielies 6,3%, of R125/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R2 037/t, Sept. – R2 068/t, Des. – R2 135/t, Mrt. 2019 – R2 177/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 129/t, Sept. – R2…
