Kom kyk vanaf 1 Maart na Landbouweekblad se eeufees-voorbladuitstalling by die US Woordfees in Stellenbosch. Ons vertel ’n eeu se stories van reg oor Suid-Afrika: Oom Daan Smith van De Rust se liefde vir “ordentlike, sterk twak”, diep Kalahari-boorgate, taai Merino’s van Barkly-Oos, ’n Bosveld-pionier wat berge versit om wild naby Dwaalboom te beskerm, Swakara-modefeeste in Windhoek, pomelo’s uit Swaziland, Harrismith se vrouelandboukollege, dassiejagters op Sutherland . . . Enigiets van werkende honde tot wegholbrande, die wol-boom, muilspanne, veteraantrekkers en boerekos word gedek. Kom kyk na ’n eeu se voorbladstories, geelblad-advertensies van toeka se tyd, rekordoeste, boerekultuur en tegnologiese deurbrake. Dié reisende uitstalling is van 1-10 Maart in die Adam Small-foyer (voorheen die HB Thom-teater) te sien, en gaan daarna na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, asook die Suidoosterfees. Toegang…
