INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,54%, of $0,64/t (R8,98/t), tot $141,60/t (R1 987/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 6%, of $9,09/t (R127,56/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $140,94/t (R1 978/t), Julie – $144,32/t (R2 025/t), September – $147,47/t (R2 069/t), Desember – $151,96/t (R2 132/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,8%, of R20/t, tot R2 645/t teenoor die vorige week gestyg, terwyl die prys van geelmielies met 0,3%, of R8/t, tot R2 539/t gedaal het. Op ’n jaargrondslag is witmielies 33,6%, of R665/t, duurder, terwyl geelmielies 22,6%, of R468/t, duurder is. Verwagte pryse: Witmielies, Mei – R2 689/t, Jul. – R2 743/t, Sept. – R2 813/t, Des. – R2 886/t; geelmielies, Mei – R2 579/t, Jul. – R2 593/t, Sept. – R2 653/t,…
