INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 5,3%, of $8,92/t (R128,61/t), tot $176,69/t (R2 548/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 25,9%, of $36,38/t(R524,53/t), hoër. Verwagte pryse: Jul. – $174,06/t (R2 510/t), Sept. – $176,61/t (R2 546/t), Des. – $179,13/t (R2 583/t), Mrt. ’20 – $181,33/t (R2 614/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,5%, of R15/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,3%, of R10/t, tot R2 860/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 36,8%, of R770/t, duurder, terwyl geelmielies 31,4%, of R684/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R2 884/t, Sept. – R2 939/t, Des. – R3 030/t, Mrt. ’20 – R3058/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 872/t, Sept. – R2 926/t, Des. – R2 998/t, Mrt. ’20 – R3…