INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 0,2%, of $0,33/t (R4,68/t), tot $135/t (R1 913/t) teenoor die vorige week gedaal. Die verandering op ’n jaargrondslag is 9,9%, of $14,76/t (R209,18/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $140,23/t (R1 987/t), Maart – $144,09/t (R2 042/t), Mei – $146,53/t (R2 077/t), Julie – $148,97/t (R2 111/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys vir wit mielies het met 2,3%, of R78/t, tot R3 500/t teenoor die vorige week gestyg. Geel mielies is 4,2%, of R128/t, tot R3 166/t duurder. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 13,8%, of R424/t, duurder, terwyl geel mielies 13,3%, of R371/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 510/t, Maart – R3 460/t, Mei – R2 886/t, Julie – R2 770/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 200/t, Maart – R3 111/t, Mei – R2 690/t,…