SKOKKENDE begrotingstekorte en gebreke in geldbestuur is tydens die parlementêre debat oor die begroting vir die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie aan die lig gebring.
Die departement se begroting beloop R16,9 miljard.
Me. Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het uitgewys dat munisipale skuld aan die waterrade teen einde Maart vanjaar op R12,6 miljard gestaan het.
Die departement het ook onlangs agtergekom dat vir 41% van die water wat munisipaliteite landwyd lewer, word óf nie rekeninge uitgereik nie, óf die geld verskuldig word nie betaal nie.
Altesaam R9,9 miljard gaan verlore weens lekkasies, munisipaliteite wat nie hul skuld betaal nie, of munisipaliteite wat nie die geld van verbruikers insamel nie. Dit laat die departement baie armer om sy verantwoordelikhede te vervul. Daardie geld wat geskuld…
